Skip to main content

Adventure & Activities

Activities

Karoo Erdvark 4 x 4 routes

Cost: R250 for the first vehicle and first route. R50 per additional vehicle and route.

Three separate mountainous 4 x 4 routes, with an average grading of between 2 and 4, plus two riverbed 4 x 4 routes, ensure maximum enjoyment

for any 4 x 4 enthusiasts. A diff lock is an advantage but not a prerequisite. A vehicle with good ground clearance is recommended. Experience is necessary and low ratio gears are essential.

Is your soul yearning for a tranquil landscape and wide open skies? Are you looking for a rustic offering of various hike options that people of different fitness levels can enjoy together? Then the Karoo Erdvark Trail in the Karoo might be just the adventure for you.

Dual-sport motor-biking (off-road)

The back roads and the main roads in the Koup and Upper Karoo can be traveled using Rooiheuwel as the base. 
After a day in the saddle bikers can enjoy a meal and liquid refreshments around the campfire.

Horse Riding

    Rooiheuwel horsetrails
    (Slaap,eet en leef jy perde)
    Dink aan n perdry ervaring in die pragtige Nuweveld berge met roetes wat strek oor klowe en bergstroompies en uitkyk oor die vlakte van die Karoo.
    Tariewe vir dagbesoekers
    90 minute perderitte R375 pp
    2 ure  perderitte R400
    3ure perderitte R500 pp met ontbyt in die veld.

    Perdrylesse
    R100pp vir 30 min
    R150pp  vir 45 min.

    Perderitte
    Bespreek vir n naweek se onvergeetlike ervaring op n perderit in die Karoo met n asemrowende uitsig wat ons vir julle kan bied.

    ● akkommodasie,  etes en perderitte ingesluit vir so min as R1250.00 per persoon.
    Koste sluit in 2-3 dae roete wat strek van 8km-20km afhangende van ruiter se ervaring en fiksheid.
    Dit sluit in 3 etes, akkommodasie, en n oggend en middag perdrysessie.
    Perde word verskaf

    Mountain Bikes

      Numerous mountain bike routes are available, varying from easy to more demanding, so you will find routes to challenge you at your fitness level. 
      For the more adventurous rider, there are some very technical 4 x 4 routes on offer. All routes vary in terrain and degree of difficulty.

      Routes are ideally suited to make Rooiheuwel the perfect place to host training camps for endurance rides or stage races.
      Trail maps availabe on website homepage

      Birding: Birdwatchers’ paradise!

      The farm includes mountainous areas and plains – offering you the best of both birding habitats. On the plains you may see the following birds: Karoo Korhaan, Ludwig’s Bustard, Double-banded Courser and Namaqua Sandgrouse, and of course the LBJs and larks such as the Chat Flycatcher, Karoo Long-billed Lark.

      Hunting

      Noord van Leeu Gamka, in ’n stuk wêreld waar die enigste sigbare grens die horison is en waar die Groot K’roo sy karos oor die landskap sprei, lê Rooiheuwel, genestel tussen tronende berge. Wanneer jy op hierdie juweel van ’n plek aankom en sien hoe die ruwe rotse hoog teen die hemel beur, kan jy nie anders nie, as om dadelik aan die woorde uit Langenhoven se pen te dink, “…oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee…”

      Hier, in die land van die groot ruimtes, is dit egter nie net die berge wat met jou praat nie maar ook die “ver verlate vlaktes”, die groot ooptes wat tot aan die gesigseinder strek en wat wintertyd goudgeel in die loom middagson lê en rus. Dis hier waar Namakwaduifies se sagte roep op die middaguur die salige stilte van die Groot Karoo nog mooier maak.

      Ek en my vrou het op ’n wintersmiddag op Rooiheuwel aangekom en nadat ons die eienares, Marge Vivier en die plaasbestuurder Kobus Swanepoel en sy vrou Judith ontmoet het, weereens besef dat een van die Karoo se grootste bates sy mense is. As jy mens-mense wil leer ken, draai maar net jou motor se neus Karoo toe. Ons is na ’n gedeelte wat Middelplaas heet waar ons in ’n jagtershuis, geleë aan die soom van ’n breë rivierloop, vir ’n paar dae ons staning sou maak.

      Die doel van my besoek was om twee springbokke te jag en die volgende oggend is ek na ’n deel van die plaas met die mooi naam Tierhoek. Daar, op ’n groot grasvlakte voor ’n hoë bergreeks waar vlak, droë lopies, gesoom met soetdorings en ander bosse, hul weg voel-voel oor die ooptes vind, het ek twee pragtige, swaar ramme geskiet.

      Maar dis nie net die springbokke wat hier mooi en volop is nie, die natuurskoon van die Rooiheuwel-eiendom is iets waaroor jy nie anders kan as liries raak nie. Dit is beslis die mooiste Karooplaas wat ek nóg besoek het. Daar is oral staproetes wat jou tot hoog in die berge neem. Iets anders wat my beïndruk het, was Kobus Swanepoel se vriendelike en goeie diens en sy onderhoudende geselsskap asook sy goeie kennis van wild en die natuur. Ek het gehou van sy etiese benadering tot jag en die feit dat hy graag familiejagte wil promoveer.

      Daar is ’n 500m-skietbaan skaars 20m van die jagtershuis af met ’n onderdak skietpunt. Behalwe vir die teikenstaanders op elke afstand, is daar staalghongs vanaf 200m tot 500m sodat jy behoorlik seker kan maak waar jou geweer skiet.

      Springbokke is nie die enigste beskikbare wild nie, jy kan ook gemsbokke, blouwildebeeste, koedoes en vlakvarke jag. En dis veral die koedoes wat my interesseer. Hulle hou meestal in die soetdoringruigtes langs die rivier wat lengtegewys deur die hele eiendom van 15 000ha kronkel. Met my volgende besoek aan Rooiheuwel wil ek ’n koedoebul jag. Dié groot, “grys skimme” van die bos hou vir my ’n besonderse bekoring in.

      Rooiheuwel Safari’s is ’n jagbestemming wat ek baie sterk en met die grootste vrymoedigheid aanbeveel. Behalwe vir die mooi wild, is dit ’n plek wat met jou hart praat en waar jy tuis voel, want jy wéét jy is in die goeie hande van Karoomense.

      Koos Barnard
      Oud-redakteur SA Jagter/Hunter-tydskrif 

      Other attractions

      Bakkie Rit

      Bobbejaankrans

      Hanno Vuurtjie

      Hasies

      Kinders In Rivier

      Klip Tekeninge

      Koekemoers Rivier

      Koppies

      Lekker Kuier 1

      Lekker Kuier 2

      Skeertyd 01

      Skeertyd 02

      Spider 2

      Spider 3

      Spider

        1. Karoo National Park, which hosts two of the Big Five animals, namely black rhino and lion.
        2. Chris Barnard Museum and the Old Village Museum at Spinwiel Antique Shop. Both can be found on Donkin Street, Beaufort West.
        3. Beautiful old restored houses on Bird Street, Beaufort West, and the MC Ellis Fietswinkel (bicycle shop).The bicycle shop is the oldest family business still operational in Beaufort West. It is also a museum, and well worth a visit!

        Hiking

        Rates: R280 per day/ per person. Includes accommodation and route.

        Explore the wonder of the Karoo landscape on foot. The first Green Flag accredited hiking trails in the Great Karoo (www.greenflagtrails.org)

        A network of trails exist from one day circular hikes up to a 7 day hiking trail , all with the option of having your luggage carried (slackpacking).  Overnight in a farmhouse, mountain chalet, shed or pitch a tent under the starts. 
        Trails are not guided. 
        Trail maps available on Rooiheuwel homepage
        **Please bring along your own sleeping bag,towels and a tent for camping. Tents can be arranged on prior notification.
        **Beds and pillow without pillowcasing are only provided for roofed accommodation

        We offer slackpacking. The access roads used to transport the luggage are in general tough terrain. For both the 5 and 7 day trail, the total distance travelled to transport the luggage is 280km, and therefor an additional cost of R3 000.00